Gabrielle: 11 dood, 6 400 vermis
Die sterftesyfer na sikloon Gabrielle Nieu-Seeland getref het, het tot 11 gestyg en meer as 6 400 mense word vermis. Die Hawke’s Bay-gebied is die swaarste getref. Sowat 62 000 huishoudings landwyd is Saterdag sonder krag gelaat. Hiervan was sowat 40 000 uit ‘n bevolking van 170 000 in Hawke’s Bay. Eerste minister Chris Hipkins, wat sikloon Gabrielle as die land se grootste natuurramp hierdie eeu beskryf, sê herstel is ‘n steil bult wat voorlê.