Eskom-hoof verwelkom steun vir diesel-aankopeFebruary 20, 2023
Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, verwelkom die Nasionale Tesourie se steun met die verkryging van diesel vir sy oopsiklus-gasturbines. Die kragvoorsiener het oor die naweek diesel-tekorte ervaar. Die swaar reën het ook beperkings in steenkool-lewering tot gevolg gehad, wat daartoe gelei het dat twee eenhede by die Lethabo-kragstasie afgesluit is. De Ruyter het op ‘n nuuskonferensie gesê hy is baie seker die land sal nie fase 8-beurtkrag ondervind nie omdat maatreëls ingestel is om krag-tekorte te verlig.