Dansende lemur in Chester-dieretuin gebore
Omgewingskenners is in die wolke oor die geboorte van die eerste dansende lemur wat ooit in Europa geteel is. Die kleintjie is in die Chester-dieretuin in Brittanje gebore. Die ouers, Beatrice en Elliot, is vanaf die Verenigde State oorgeplaas as deel van ’n program vir die beskerming van dié diere, wat op die lys van kritiek-bedreigde spesies is. Die geslag van die baba is nog nie bekend nie. Die dieretuin se kurator vir soogdiere, Mark Brayshaw, sê die geboorte is ‘n ware waterskeidings-oomblik vir bewaring.