VN-sekretaris-generaal: Vredespogings in Afrika misluk

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het by die Afrika-unie-beraad in Addis Ababa in Ethiopië gesê dat vredespogings regdeur die vasteland misluk. Hy het ‘n beroep op wêreldlande gedoen vir groter ekonomiese ondersteuning in Afrika. Guterres het voor die beraad samesprekings met Namibiese President Hage Geingob as die voorsitter van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, gehou. Geingob het die streek se pogings uiteengesit om vrede in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo te bevorder en benadruk die voorrang van diplomasie bo oorlog in die oplossing van die konflik.