Vaaldam maak nog sluise oop

Terwyl swaar reën dele van Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal teister en oorstromings in sommige gebiede veroorsaak, het die departement van water en sanitasie nog twee sluise by die Vaaldam oopgemaak. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle moes die druk verminder namate die watervlak styg. Mavasa waarsku boere om hulle waterpompe aan te pas. Sy doen ook ‘n beroep op gemeenskappe om nie vis te vang of tydens swaar reën te swem nie.