Sokker: Banyana Banyana skop Turkse Vrouebeker op hoë noot af
Sokker: Banyana Banyana het Uzbekistan Saterdagaand maklik met 3-0 in die Turkse Vrouebeker in Antalja geklop. Dit was die Afrika-kampioene se eerste wedstryd van die kompetisie. Jermaine Seoposenwe het die eerste doel in die tiende minuut aangeteken. Uzbekistan het ‘n eie-doel ‘n paar minute later aangeteken, met Noxolo Cesane wat nog ‘n doel vir Banyana in die 25ste minuut behaal het. Die Suid-Afrikaners keer Dinsdag na die veld terug wanneer hulle Slowenië pak.