Slagoffer van treinongeluk in Oshikoto nog nie geïdentifiseer

Die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek is op soek na die familielede van ‘n slagoffer wat deur ‘n trein doodgery is. Volgens Nampol is die man, vermoedelik in sy 30’s, op slag dood nadat hy na bewering op die spoorlyn geslaap het. Die voorval het by die Oshifukwa-nedersetting by Omuthiya plaasgevind. Die oorledene moet nog geïdentifiseer word en het ‘n blou trui en blou broek aangehad. Nampol doen ‘n beroep op lede van die publiek wat ‘n man vermis om Omuthiya-polisiestasie te besoek om die oorledene te help identifiseer. ’n Saak van strafbare manslag is geopen.