Saara sê in Duitsland geld vir wapens moet eerder vir ontwikkeling gaan

Die eerste minister van Namibië dr. Saara Kuugongelwa- Amadhila het by die Münchense Sekuriteitskonferensie in Duitsland haar sterk uitgespreek oor die Russiese-Oekraïnse oorlog. Sy het gesê die geld wat op wapens bestee word in die oorlog waar Russe en Oekraïne mekaar doodmaak, kan eerder vir ontwikkeling aangewend word, veral in ag genome die wêreldwye ekonomiese resessie met stygende kospryse en die onderbreking van waardekettings. Die konferensie het Vrydag begin en sluit vandag af.