Padveiligheid bly ‘n uitdaging

Daar heers groot kommer oor padveiligheid, veral met taxi’s wat in aankomende verkeer inry. Volgens statistieke van die Motorvoertuig-ongelukke fonds, sterf baie jongmense tussen die ouderdomme van 21 en 34 op Namibiese paaie. Die faktore wat bydra tot die hoë aantal padsterftes onder die jeug, sluit in volgehoue risiko-gedrag soos onwilligheid om veiligheidsgordels te gebruik, hoë spoed, en bestuur onder die invloed van alkohol. Die Namibiese polisie se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.