NSFAF: UDM-leier se bewerings is vals
Die buurland se Nasionale Studente Finansiëlehulpskema, NSFAS, sê die bewerings van die leier van die United Democratic Movement, Bantu Holomisa, van onreëlmatige transaksies is vals. Holomisa het ‘n skriftelike versoek aan die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke gerig om bewerings te ondersoek dat NSFAS sowat 1,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand per maand aan die huur van kantoorruimte betaal het wat hy nie van Desember 2021 tot September 2022 beset het nie. Die NSFAS-woordvoerder, Slumezi Skosana, sê dit is nie waar nie.