Krieket: Australiese vroue klop Proteas

Krieket: Australië het die eerste span geword om na die halfeindstryd van die Vroue T20-Wêreldbeker deur te dring. Hulle het Suid-Afrika in Gqberha met ses paaltjies geklop, met nog 21 balle oor. Tazmin Brits het 45 lopies van 36 balle tot die Proteas se totaal van 124 vir ses bygedra. Tahlia McGrath het vir die verdedigende kampioene, Australië, 57 van 33 balle gemoker. Suid-Afrika speel Dinsdag teen Bangladesj.