Geingob versoek Ethiopië vir diplomatieke missie in Namibië

President Hage Geingob het Namibië se diplomatieke missie in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba amptelik geopen. Die gebou in die Bole-voorstad van Addis Abeba, het vroeër die Swapo Party-kantore tydens Namibië se stryd om onafhanklikheid gehuisves. Die gebou het vervalle en onbewoonbaar geword en ‘n ander perseel is gevind totdat die regering geld vir opknapping belê het. President Geingob sê Ethiopië se strategiese rol in Namibië se stryd vir vryheid kan nie onderskat word nie, veral toe Ethiopië en Liberië die land se saak by die Internasionale Geregshof oor die tydperk van 1932 tot 1971 opgeneem het. Geingob het ‘n beroep op die Ethiopiese President Sahle-Work Zewde gedoen om te oorweeg om ‘n diplomatieke missie in Namibië te open. Ethiopië se ambassade in Suid-Afrika bedien tans Namibië ook. Sy het Namibië en Ethiopië se sterk bande geloof.