Boereverenigings van Engeland en Wallis ondersteun boere in Afrika
Die National Farmers’ Union of England and Wales samel geld in om Farm Africa te ondersteun in ʼn poging om armoede te verminder met landbouprojekte in sub-Sahara-Afrika. Die fondsinsameling sal tydens die Londen-marathon op 23 April plaasvind wanneer die twee welwillendheids-organisasies kragte saamsmee om Span NFU te vorm. Die president van die unie, Minette Batters, sê die mikpunt is om 216 000 Namibiese dollar in te samel om boerdery in Oos-Afrika te ondersteun. Die uitvoerende hoof van Farm Africa, Dan Collison, sê hulle poog om armoede te verminder deur ondernemings in landelike gebiede te ontwikkel.