Beatrice Masilingi vinnigste in Afrika in 300 meterFebruary 19, 2023

Die Namibiese naelloper Beatrice Masilingi het Saterdag die tweede vinnigste tyd van 34,6 sekondes ooit in die geskiedenis van die 300 meter-wedloop in die Pilditch-stadion Pretoria gehardloop. Die 19-jarige Masilingi hou nou die Afrika-rekord oor dié afstand. Shaunae Miller-Uibo van die Bahamas is die wêreldrekord-houer wat 34,41 sekondes in dié afstand in 2019 aangeteken het.