Vakbonde sê Stad Windhoek se skoonmakers moet teruggaan werk toe
Die lot van die 500 skoonmakers van Stad Windhoek wat ’n onwettige staking begin het, hang steeds in die weegskaal. Die arbeidshof sal op 27 en 28 Februarie uitspraak oor die kwessie rakende die werkers gee. Stad Windhoek het die onwettige betoging betreur wat chaos veroorsaak het toe hulle asdromme in die middestad om gekeer. Die gemors is uiteindelik opgeruim deur amptenare en werkers van verskillende departemente. Die stad sê die betoging is ten spyte van die voortdurende gesamentlike pogings deur die raad om die skoonmakers se griewe deur hul vakbondverteenwoordigers aan te spreek. Die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hulle het ‘n kontrak van twaalf maande tot 30 Junie. Intussen het vakbondleiers het die skoonmakers beveel om terug te gaan werk toe.