ANC sê Stad Johannesburg is bankrot
Die voorsitter van die ANC in Johannesburg, en burgemeesterskomiteelid vir finansies, Dada Morero, sê die Stad Johannesburg se geld is besig om op te raak. Die voormalige burgmeester beskuldig die DA-geleide veelparty-regering dat hy die stad in duie laat stort, en voer aan die metro is byna bankrot. Morero sê hoewel inwoners bekommerd moet wees, is daar ‘n kans om die foute reg te maak.