Wilde diere eis 15 lewens, 18 beseer
Wilde diere soos krokodille, seekoeie en olifante het die lewens van 15 mense in Namibië geëis met 1,5 miljoen Namibiese dollar wat as begrafnisbystand aan die families uitbetaal is. Altesaam 18 mense is deur wilde diere beseer aan wie ‘n gesamentlike totaal van 180 000 dollar betaal is. Volgens die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het gevalle van mens-dier-konflik van 590 in 2021 tot 372 verlede jaar afgeneem. Meer as 580 000 dollar is in 2022/23 aan gemeenskappe uitbetaal vir 206 gevalle van veeverliese, en meer as 356 000 dollar vir 26 gevalle van oesskade