Wêreld-Ietermagôdag vandag in Windhoek gevier

Wêreld-Ietermagôdag word vandag herdenk, ook in Namibië. Die bewaring van die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word jaarliks op die derde Saterdag in Februarie herdenk. In Windhoek sal dié dag met talle opwindende aktiwiteite vir oud en jonk herdenk word en groot pryse is ook op die spel. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.