VF Plus vaar uit oor borgskap van sokkerklub
Die Vryheidsfront Plus het uitgevaar teen Suid-Afrikaanse Toerisme se besluit om voort te gaan met die besteding van sowat een miljard rand aan ‘n borgskaps-ooreenkoms met die Britse sokkerklub, Tottenham Hotspur. Dit is ondanks skerp teenkanting van die publiek en selfs die Presidensie. Michal Groenewald van die VF Plus het die besluit bestempel as verregaande en een wat grenslose arrogansie toon.