Oorstromings in Mosambiek raak 40 000 mense

Minstens ses mense is die afgelope paar dae in die suide van Mosambiek dood weens oorstromings. Die Nasionale Rampbestuur-instituut sê meer as 40 000 mense word geraak. Gemeenskappe in laagliggende gebiede het streng opdrag gekry om gehoor te gee aan die regering se ontruimingsbevele om te verhoed dat direkte ingryping plaasvind. Die Verenigde Nasies sê humanitêre organisasies monitor die situasie en is besig om regerings te mobiliseer vir hulpverlening.