Namibiese sangeres baat glo groot by Liebenberg-diamantskemaFebruary 18, 2023
Die Namibiese sangeres Juanita du Plessis en haar man, Doepie, het na bewering die afgelope jaar groot bedrae geld belê en groot winste gemaak as “vennote” in die omstrede Suid-Afrikaanse sakeman Louis Liebenberg se Forever Diamonds and Gold-skema. Volgens Suid-Afrikaanse media beloop die uitbetalings aan hulle glo groot bedrae. Toe die egpaar om kommentaar genader is, het Doepie aangevoer dat hul persoonlike finansies niks met niemand te doen het nie. Hy het egter nie die waarheid daarvan betwis nie. Meer as 45 000 mense het glo by Liebenberg belê, maar dit blyk egter dat slegs ‘n paar honderd mense voordeel uit die skema getrek het, terwyl duisende ander beweer hulle het skade gely. Liebenberg beweer hy het al meer as 3 miljard Suid-Afrikaanse rand uitbetaal.