Namibiese adjunk-premier slagoffer van bedrogspul oor vloedeFebruary 18, 2023
Die Namibiese adjunk-eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is die slagoffer van ‘n bedrogspul oor vloedhulp. Sy het verneem van individue wat onder valse voorwendsels namens haar vir finansiële bydraes vra vir die vloed-geteisterde gemeenskappe in die Noorde. Nandi-Ndaitwah distansieer haarself van hierdie bedrogspul en versoek dat dit by die Namibiese polisie aangemeld moet word. Sy sê die regering het strukture en maatreëls ingestel deur die kantoor van die eerste minister vir individue of maatskappye wat kontant of goedere aan vloed-geteisterde gemeenskappe wil skenk.