Moordgevalle styg in alle SA provinsies
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê misdaadsyfers wat die minister van polisie, Bheli Cele, bekendgemaak het, beklemtoon die behoefte aan samewerking tussen die regering en die gemeenskap om misdaad te beveg. Allen sê provinsiale syfers vir die tydperk tussen Oktober en Desember 2022 toon ‘n styging in moorde, met 1 198 gevalle wat in die Wes-Kaap aangemeld is. Hy voeg by die fokus gaan nou spesifiek op geweldsvoorkoming wees.