Man skiet ses mense in Mississippi doodFebruary 18, 2023

‘n Man in Mississippi in die VSA het ses mense op vier verskillende plekke doodgeskiet. Die oorledenes was almal lid van die Arkabutla-gemeenskap, insluitend die skieter se vrou. Die polisie kon nog nie vasstel wat die motief vir die aanval was nie. Die verdagte is egter aangekeer en beslag is gelê op drie vuurwapens.