Kontrakmoorde neem toe in SA
Daar is toenemende kommer oor kontrakmoorde in Suid-Afrika wat al hoe meer voorkom. Dit volg te midde van sluipmoorde op verskeie politici, sakelui, en kunstenaars. Hulle sluit in ‘n ANC-raadslid in Mkhondo, Sibonelo Ntshangase in Januarie, en Kiernan ‘AKA’ Forbes en sy vriend Tebello ‘Tibz’ Motsoane, Vrydag ‘n week gelede. Die direkteur van die Wêreldwye Inisiatief teen Oorgrens Georganiseerde Misdaad, Mark Shaw, sê sluipmoorde teen betaling is besig om skerp te styg.