Ghanese sokkerspeler se liggaam ná aardbewing gevind

Die Ghanese sokkerspeler Christian Atsu is dood aangetref onder die gebou in Hatay waar hy in die suide van Turkye gewoon het ná verlede week se massiewe aardbewing. Die oud-Chelsea-vleuel se Turkse agent Murat Uzunmehmet het gesê Atsu se liggaam en sy selfoon is onder die puin gevind. Atsu was geskeduleer om ure voor die aardbewing uit Turkye te vlieg, maar het verkies om by die klub te bly nadat hy die wendoel in ‘n Super Liga-wedstryd van 5 Februarie aangeteken het.