Dodetal van Turkse en Siriese aardbewing styg tot meer as 45 000
Die dodetal in die aardbewing en naskokke vroeër vandeesmaand in Turkye en Sirië het tot meer as 45 000 gestyg. Dié syfer sal na verwagting aansienlik styg met 264 000 geboue in Turkye wat totaal vernietig is en talle mense nog vermis word ná die verwoestende ramp. Die amptelike sterftesyfer in Turkye staan tans op 39 672 terwyl Sirië meer as 5 800 sterftes aangeteken het. Terwyl talle internasionale reddingspanne die rampgebied verlaat het fynkam plaaslike spanne steeds die puin van geboue wat platgevee is vir moontlike oorlewendes.