Ys in Antarktika bereik rekordlaagtepunt

Die Nasionale Sneeu- en Ysdatasentrum het onthul die hoeveelheid drywende see-ys rondom die Antarktiese Oseaan het ‘n rekordlaagtepunt bereik, en sal na verwagting nog verder krimp. Antarktika se see-ys het vandeesweek tot 1,91 miljoen vierkante kilometer gedaal, die laagste omvang sedert rekords begin het in 1979. Die vorige rekord is in Februarie verlede jaar opgestel, toe die oppervlakte van ys wat op die Antarktika gedryf het onder 2 miljoen vierkante kilometer gedaal het. Die sentrum sê die smelt van die see-ys is problematies omdat dit help om aardverwarming te versnel.