Walliese rugby in rep en roer…

Walliese rugby is in rep en roer met spelers wat dreig om te staak oor kontrakte. Dit kan volgende naweek se Sesnasies-wedstryd teen Engeland raak. Die bohaai gaan oor die spelers se kontrakte en die kern daarvan is die sogenaamde “60-perk-reël”, wat in 2017 ingestel is. Dit beteken spelers wat by klubs buite Wallis gebaseer is en minder as 60 toetse gespeel het, kom nie in aanmerking vir die nasionale span nie. Alhoewel daar blykbaar ‘n mate van verstandhouding tussen spelers en beamptes is, moet dit nog op skrif gestel word.