Vakbond vra Stad Windhoek-werkers om op te hou staak

Die Namibiese vakbond vir plaaslike owerhede, bekend as Nalawu, sê hy wil nie by die onwettige staking by Stad Windhoek betrek word nie. Die vakbond se sekretaris-generaal, Chris Katjitundu, het die werkers gevra om terug te keer werk toe. Hy sê daar is ‘n saak van by die arbeidskommissaris gemaak is maar, dit is nog nie afgehandel nie. In sy mening is dit uiters swak dat die werkers, wat lede is van die vakbond is, by ‘n onwettige staking betrokke raak. Van die werkers het aan plaaslike media gesê hulle is ontevrede met die verteenwoordiging wat die vakbond hulle bied.