Twee Reserwemaglede kry borg
Die vermeende moordenaars van Elleste Plaatjie van Keetmanshoop, Bernard Mulisa Mulisa en Wilibardt Neshuku is vandag borgtog van 3 000 Namibiese dollar elk in die Suide-dorp se landdroshof toegestaan. Die 31-jarige Plaatjie het in Januarie in ‘n Windhoekse hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy na bewering deur die twee lede van die Namibiese polisie se Spesiale Reserwemag op Keetmanshoop wreed aangerand is. Die familie van Plaatjie beweer die polisie was huiwerig om hulle met navrae by te staan, het nie behoorlik ondersoek ingestel nie en die ondersoekbeampte het nie borgtog teengestaan nie.