Twee Kongolose by hul ambassade in Pretoria aangeval
Die burgerregte-beweging, Not-In-My-Name het ‘n beroep op die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in die buurland gedoen om in te gryp nadat twee lede van sy Pan Afrika-afdeling by die ambassade van die Demokratiese Republiek van die Kongo in Pretoria aangerand is. Die woordvoerder van die beweging, Mo Senne sê die twee is lede van die Banyamulenge-gemeenskap en het aansoek gedoen om paspoorte, maar is weens hul etniese herkoms aangeval.