Sanksies byt diep in Rusland se motorvervaardiging in
Besteding aan nuwe motors in Rusland het verlede jaar meer as gehalveer namate die motorbedryf die volle mag van Westerse sanksies oor die konflik in die Oekraïne voel. Produksie het skerp gedaal, pryse het die hoogte ingeskiet en Russe koop nou maar tweedehandse motors. Die Russiese motorbedryf maak staat op buitelandse vervaardigers en ingevoerde onderdele. Besteding aan nuwe motors het verlede jaar met 52 persent tot 1,5 triljoen roebels, of 20,4 miljard Amerikaanse dollar, terwyl die aantal nuwe motors wat verkoop is, met 58,8 persent getuimel het. Motorproduksie het ook tot sy laagste gedaal sedert die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 namate Westerse motorvervaardigers produksie gestaak en fabrieke verkoop het.