Pastoor sterf toe hy soos Christus wou vas
‘n Pastoor in Mosambiek is dood nadat hy 40 dae lank probeer vas het soos Christus in die Bybel gedoen het. Francisco Barajah, stigter van die Santa Trindade Evangeliese Kerk, is in ‘n hospitaal in die stad Beira dood, na hy in ‘n kritieke toestand daar aangekom het op aandrang van sy familielede. Na 25 dae sonder kos of water het hy gewig verloor tot die punt waar hy nie kon opstaan nie. Hy was 39 jaar oud. Hy is gediagnoseer met akute bloedarmoede en sy spysverteringsorgane het ingegee. Alle pogings om hom te red het misluk.