Outa dien ook hofstukke in teen ramptoestand
Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep, Outa, het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die nasionale ramptoestand oor kragvoorsienings-beperkings om te keer. Die aansoek voer aan die besluit om die ramptoestand te verklaar is irrasioneel, ongemotiveerd en onwettig. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, vrees die ramptoestand verleen buitengewone magte aan amptenare sonder parlementêre toesig, wat lei tot verdere plundering en magsmisbruik: