Michael Jordan skenk groot aan Make-a-WishFebruary 17, 2023

Make-a-Wish America het ʼn rekordskenking van 181 miljoen Namibiese dollar van die basketbal-legende, Michael Jordan, ontvang as deel van die viering van sy 60ste verjaardag. Dit is die grootste bedrag wat die stigting nog gekry het sedert sy totstandkoming 43 jaar gelede. Jordan vier sy spesiale verjaardag vandag. Hy sê hy is die afgelope 34 jaar ʼn vennoot van die stigting om geluk te skep vir baie kinders. Volgens hom kan hy aan geen beter verjaardaggeskenk dink nie as dat ander sy voorbeeld volg en ook die organisasie steun.