Meer as 7 000 moorde in SA February 17, 2023

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê hoewel misdaadstatistiek in die derde kwartaal ‘n 11,6 persent styging in kontakmisdade toon, is daar ‘n beduidende verbetering in misdade wat opgespoor word as gevolg van polisie-optrede. Meer as 7 000 moorde asook meer as 10 000 seksuele misdrywe is tussen Oktober en Desember verlede jaar aangeteken. Volgens Cele verminder die polisie voorvalle van misdaad met sigbare wetstoepassing en ontwrigtende operasies.