Koning Charles ontvang omgewingsleiers
Koning Charles van Brittanje ontvang vandag internasionale en finansiële leiers in Buckingham-paleis met die doel om optrede te ondersteun om die natuur te herstel. Die koning is bekend om sy lewenslange veldtog om die omgewing te beskerm en was in November gasheer op ʼn byeenkoms om stappe teen klimaatsverandering te bespreek. Vandag se byeenkoms word voorafgegaan deur ʼn belangrike vergadering van die Britse regering met die doel om met private fondsinsameling vir die natuur te begin. Daar word geglo bio-verskeidenheid neem tans vinniger af as ooit tevore.