Grootste skade aan paaie is in Ohangwena

Die Paaie-owerheid sê hy monitor die stand van sake met paaie in die efundja-geteisterde gebiede. Die owerheid se uitvoerende hoof Conrad Lutombi sê die Ohangwena-streek is die swaarste getref. Hy voeg by dat verbruikers die owerheid moet inlig wanneer daar nuwe skade is.