Dodetal sal styg na sikloon Gabrielle
Die eerste minister van Nieu-Seeland, Chris Hipkins sê hy verwag dat die dodetal in die nadraai van die sikloon Gabrielle, nog sal styg. Gabrielle het die land Sondag getref, en groot skade in veral dele van die Noord-eiland aangerig. Tot dusver is agt mense dood, maar Hipkins sê meer as 4 500 mense is van die buitewêreld afgesny, en niemand kon al met hulle in verbinding tree nie.