DA ruk EFF aan die bek

Die DA in Gauteng sê hy gaan nie wat hy noem die EFF en ANC se politieke teater in Tshwane toelaat om die party se aandag van sy basiese doelwit af te trek nie. EFF-raadslede het gister die burgemeesterskantoor bestorm en geëis dat burgemeester Randall Williams met onmiddellike ingang bedank. ‘n DA-woordvoerder, Katlego Makgaleng, sê die ANC-EFF-koalisie van korrupsie het geen plan of vermoë om aan opbouende, oplossing-gedrewe politiek deel te neem nie en het geen ontsag vir die oppergesag van die reg nie: