Britse man 13 jaar tronk toe oor spioenasie
Britse man is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy vir Rusland gespioeneer het terwyl hy in sy land se ambassade in die Duitse hoofstad, Berlyn, gewerk het. Die 58-jarige militêre veteraan, David Ballantyne Smith, het skuldig gepleit op agt aanklagte onder die Wet op Amptelike Geheime. Die hof in die Ou Baily het sy verweer verwerp dat hy nie doelbewus enige skade veroorsaak het nie. Smith het na berig word foto’s geneem en dokumente uit kantore geneem en dit aan die Russiese ambassade oorhandig. Hy kan besluit of hy sy tronkstraf in Duitsland of Brittanje wil uitdien.