Aktivis staan tereg op vyf klagte
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo, wat Woensdag tydens ‘n betoging van skoonmakers van Stad Windhoek in hegtenis geneem is, sal volgens berigte vanmiddag op vyf aanklagte in die Windhoek-landdroshof verskyn. Hy sou vanoggend in die hof verskyn het, maar die staat het vir meer tyd gevra om die aanklagte te bestudeer. Luidens die klagstaat word Amushelelo aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste, aanhitsing van openbare geweld, die van die Wet op Oproerige Byeenkomste, opsetlike saakbeskadiging, asook betreding. Intussen het ‘n skare van Stad Windhoek-skoonmakers buite die hof saamgedrom. Amushelelo word verteenwoordig deur Kadhila Amoomo terwyl Precious Kauluma vir die staat verskyn.