Winde waai glo Chinese ballon van koers af

‘n Chinese ballon wat afgeskiet is nadat dit die vasteland van die Amerika oorgesteek het, het oorspronklik ‘n trajek gehad wat dit oor Guam en Hawaii sou geneem het. Dit is volgens ʼn Amerikaanse amptenaar wat op die voorwaarde van anonimiteit met Reuters gepraat het. Die ballon is glo van koers gewaai deur heersende winde. Die ballon het oor Alaska se Aleoetian-eilande, daarna Kanada en die sentrale Verenigde State gedryf voordat dit deur die Amerikaanse weermag aan die kus van Suid-Carolina afgeskiet is.