VF+ sê Orania se stelsel waar verbruikers krag verkoop, werk
Die Vryheidsfront Plus sê Kaapstad se plan om dit makliker te maak vir gewone verbruikers om oortollige sonkrag aan die munisipaliteit te verkoop, trek aandag. Die Noord-Kaapse dorp Orania koop sedert 2019 krag by huishoudings en ondernemings, en baie het hul verbinding met die netwerk behou nadat hulle sonkragstelsels aangebring het. Wynand Boshoff van die VF Plus sê tans word 33 persent van die krag wat in Orania verbruik word, deur inwoners opgewek, wat groot beleggings in die plaaslike ekonomie verseker sonder bykomende koste: