Verskeie hoë-profiel sake vandag vlugtig voor regter

Verskeie hoë-profiel sake kom vanoggend vlugtig voor regter Christie Liebenberg voor. Die sake sluit in die moordsaak van die Britse miljardêr Harvey Boulter, die vermeende pedofiel en oud-polisieman Johann Maree en die begin van die moordklag teen die nege-jarige Natalie Chipomho se ma Rachel Kureva. Klagte was eers teen haar laat vaar maar die staat het bewyse bekom wat toon dat sy moontlik betrokke was by Natalie se dood.