Turkye, Sirië: Kommer oor siektes, veral oor water- en sanitasiestelsels
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is na verlede week se verwoestende aardbewings in Turkye en Sirië bekommerd besmette water kan lei tot die uitbreking van siektes wat deur water versprei word. Die WGO se verteenwoordiger in Turkye, Batyr Berdyklychev, sê skade aan die water- en sanitasiestelsels kan die risiko vir die verspreiding van ander aansteeklike siektes verhoog. Hy sê die WGO het die ministerie van Gesondheid in albei lande gevra om noodhulp te voorsien om ʼn uitbreking te voorkom: