Skietwerk môre op SwakopmundFebruary 16, 2023
Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk sal môremiddag weer op die dorp plaasvind en McHughstraat sal tydelik tussen twee-uur en vyf-uur gesluit wees. Die skietwerk van Mawila Technical Services sal ongeveer 45 minute duur. Swaar masjinerie en konkstruksievoertuie sal materiaal aflaai vir die konstruksie van ‘n hoof-rioollyn. Geen ander voertuie sal toegelaat word nie. Die skakelbeampte van die munisipaliteit, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.