NWR vat hande met Kosmos Copps 94.1  

Namibia Wildlife Resorts, NWR, span saam met Kosmos se teenmisdaad-realiteitsprogram Copps 94.1 om toerismeveiligheid te verbeter. Onlangse berigte van rooftogte, wat hoofsaaklik op toeriste gerig is, het ‘n ernstige bekommernis vir rolspelers in die toerismebedryf geword. NWR sê die onlangse styging in rooftogte het vrees onder Namibiërs en toeriste geskep wat ‘n beduidende afname in toerismegetalle vir Namibië sal maak. Boonop sal NWR elke maand vir die volgende 12 maande ‘n koopbewys ter waarde van 3 000 Namibiese dollar op die Copps-program aan Namibiërs weggee. Nelson Ashipala, korporatiewe kommunikasiebestuurder van NWR het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.