Nuwe reëls vir hoofde van finansiële instellings voorgestel

Die Namibiese owerheid vir finansiële instansies, Namfisa, het volgens wat berig word, nuwe konsepreëls daargestel wat nie toelaat dat individue wat of insolvent of nie finansieel-gesond is nie, enige beleggings-, versekering- of finansiële dienste-maatskappye mag bestuur nie. Die reëls is onder die Fima-wetgewing en stel voor dat direkteure, raadslede, trustees en meer, bevoeg moet wees om in finansiële dienste te werk. Hulle moet bekwaam, eerlik en regverdig wees en moet hoë vlakke van integriteit hê. Rolspelers sal 30 dae hê om insette te lewer op die konsepreëls.